home  -  about  -  albums  -  events
gallery  -  contact  -  your feedback

english | afrikaans

Zorada word beskou as een van SA se voorste orreliste, en is veral bekend vir haar gawe om spontaan te improviseer. Sy pas hierdie vorm van musiek nie net op kerkmusiek toe nie, maar het die afgelope paar jaar met groot sukses klankbaanimprovisasies vir verskeie stomfilms gedoen, naamlik The Hunchback of the Notre Dame, The Four Horsemen of the Apocalypse en The Phantom of the Opera. Vir haar grensverskuiwende bydrae tot klassieke musiek is sy tydens die KKNK 2006 met ’n spesiale Kanna vereer.

Op hierdie webwerf kan daar na haar musiek geluister word, en is besonderhede oor hoe om haar CD’s te bestel en hoe om haar te kontak, sowel as inligting oor haar optredes en nuus oor Zorada. 

Terugvoer en kommentaar is welkom.

Lingua Natalis (Kersfeestaal), Zorada se sesde CD met orrel-improvisasies op kerkliedere, is nou beskikbaar. Verdere besonderhede is op die albums bladsy.